Die Herout
Jaargang 43
Julie 2021
Foto: Arnold Hattingh

Die laaste paar maande was rof, om die minste te sê. Ons is met verskeie uitdagings op menigte gebiede gekonfronteer. Nie net moes ons ’n vol akademiese kwartaal tydens ’n derde vlaag van die pandemie deurmaak nie, maar ons moes ook verskeie sosiale en maatskaplike probleme binne die skool konfronteer. Nou sit ons weer met die onsekerheid van wanneer ons sal kan terugkeer DF toe, met die infeksies wat styg en die heropening van skole wat al hoe verder weg blyk om te skuif.

Ten spyte van die onstuimigheid, onsekerheid en algehele chaos wat op die oomblik heers, glo ek tog dat daar ’n lig aan die einde van die tonnel is. DF beweeg stadig maar seker in ’n nuwe era in. ’n Era waarin ons mekaar regtig begin hoor en probeer verstaan. ’n Era van hoop.

Hierdie is die tweede uitgawe in die tweede kwartaal van die tweede jaar van hierdie dekade (en die pandemie). Die tema vir hierdie uitgawe het ook iets met twee te doen. Kyk of jy dit kan raaksien.

Lees Verder

“Belangrikste ete van die dag” – is dit werklik so belangrik?

Nienke de Vaal

Boston: die verhaal agter ons woonbuurt

Dehan Lotz

Beperk ons kuns te veel of te min?

Emma Olivier

Bederfde kaas – ’n gevaarlike lekkerny

Danielle Swanepoel